EPUB (FIXED LAYOUT)
Unlimited loans, One at a time
Details

Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol. Dié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref ’n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos ‘vind die pad deur die doolhof’ en ‘soek die verskille’, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok ’n ram of ’n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak. Die Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op ’n avontuur deur Afrika se wildernis – of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet. Verkoopspunte: Prettige aktiwiteitsboek wat liefde vir die natuur aanwakker. Afrika-tema; van toepassing op suider- en Oos-Afrika. Gepak met kopkrappers en interessante feite. Treffende ontwerp met ±300 foto’s van wilde diere in aksie. Bekostigbare prys.

Publication date
March 01, 2024
Publisher
Page count
64
Language
Af
EPUB ISBN
9781775848943
Paper ISBN
9781775848936
File size
41 MB
EPUB (FIXED LAYOUT)
EPUB licenses accessibility

Accessibility features

  • Table of contents navigation

About Us

About De Marque Work @ De Marque Contact Us Terms of use Privacy Policy Feedbooks.com is operated by the Diffusion Champlain SASU company